VRL-Leierskapkamp 2026: Bemagtiging van Toekomstige Leiers
Hoërskool Landboudal, Jacobsdal, Vrydag 9 Januarie 2026 – Sondag 11 Januarie 2026
Die VRL-leierskapkamp van 2026, wat van 9 tot 11 Januarie aangebied is vir Hoërskool Landboudal, was ’n insiggewende en verrykende ervaring vir 33 VRL-leiers. Die kamp het plaasgevind by ProRegno in Barkly-Wes, met die rustige Oranjerivier as ’n inspirerende agtergrond.
Die kamp is spesifiek ontwerp deur mnr. Wimpie Lodewyk, direkteur van LdeK Konsultasie, wat vir die tweede agtereenvolgende jaar genader is om die kamp aan te bied. Die doel van die program was om leierskapvaardighede te versterk, spanwerk te bevorder en selfbewustheid onder die skool se toekomstige leiers te ontwikkel.
Dit was vir LdeK Konsultasie ’n voorreg om weer deur die skool getaak te word om die kamp aan te bied. ’n Reeks impakvolle sessies is deur ervare fasiliteerders aangebied, wat die leerders bemagtig en toegerus het met praktiese vaardighede.
Die volgende fasiliteerders is deur LdeK Konsultasie aangewys om die kamp te lei:
· Mnr. Jorrie Jordaan
· Mej. Noni Jordaan
· Mej. Elrike Viljoen
Hulle het sessies aangebied oor die volgende onderwerpe:
· Ysbreker: Bou ’n brug
· Emosionele intelligensie in leierskap
· Effektiewe en invloedryke kommunikasie
· Besluitneming en probleemoplossing
· Toepassing van strategiese denke vanuit vorige kampe
· Leierskap onder druk
· Konflikbestuur en bemiddeling
· Projekleierskap en gebeurtenisbeplanning
· Etiek, integriteit en verantwoordbaarheid
· Inspirerende leierskap
· Mentorskap en portuurinvloed
Benewens die formele sessies het die leerders ook aan verskeie spanbou-aktiwiteite deelgeneem. Hierdie aktiwiteite het die boodskap versterk dat elke leerder die vermoë het om as leier op te tree en verantwoordelikheid te neem.
Een van die sleutelhoogtepunte van die kamp was die verskeidenheid van sessies, wat elkeen bygedra het tot die algehele ontwikkeling van die deelnemers.
Die tema van die kamp, “Lei met Doel: Van Selfontdekking tot Invloed”, het direk aangesluit by die vorige jaar se fokus op “Wie is ek as leier?” en het verder uitgebrei na die praktiese toepassing daarvan, naamlik: “Hoe lei ek ander effektief in werklike skoolkontekste?”